Spoegwolf – Slapende Honde (Official)

Share it with your friends Like

Thanks! Share it with your friends!

Close

© Spoegwolf (PTY) LTD 2022

Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit
Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf

Slapende Honde is beskikbaar op alle streaming platforms.

Vervaardig deur Spoegwolf
Editing: Damiane van Reenen
Cinematography: Damiane van Reenen en Jess Reid
Video is geskiet op toer in Amsterdam, Ierland en Londen gedurende Augustus 2022.

Spoegwolf is
Danie du Toit
Chris von Wielligh
Albert van der Merwe
Moskou du Toit

Slapende Honde:
Song en Lirieke deur Danie du Toit
Musiek deur Spoegwolf

Lirieke:
Dink jy ek sal daar uit kan kom daardie dag
In die kerksaal
In die somer
Dink jy die wild in my sal aanhou slaap
Jy’t met joune
My bedaar
En nou
By jou

Die son rus op slapende honde
Jy’t verander
En ek het ook

Ek weet jy sal my nooit verraai nie
Nie as die wind of die dood of die Here deur jou waai nie
Jy weet ek sal jou nooit verraai nie
Nie as die wind of die dood of die Here deur my waai nie

Dink jy ek’s sterk genoeg om als te hou
‘n Dak oor ons kinders
‘n Kaggel in die winter
Dink jy ek sal my stories nog kan skryf
Ek wil iets oor jou
Sterker as tyd
In harte bou
So diep as die blou

Die son sak oor slapende honde
Jy’t verander
Ek het ook

Ek weet jy sal my nooit verraai nie
Nie as die wind of die dood of die Here deur jou waai nie
Jy weet ek sal jou nooit verraai nie
Nie as die wind of die dood of die Here deur my waai nie

css.php