Jo Black – Ek Sal Nie Bang Wees Nie (Official Music Video)

Share it with your friends Like

Thanks! Share it with your friends!

Close

“Official Music Video for “”Ek Sal Nie Bang Wees Nie”” by Jo Black. Download or stream here – https://selectmusiek.lnk.to/ESNBWN

Follow Jo Black on Social Media:
Facebook – https://www.facebook.com/JoBlack8
Instagram – https://www.instagram.com/joblack8?igsh=aGpnOWNub29mNWg5
TikTok – https://www.tiktok.com/@joblack8?_t=ZS-8zOKKcNVlpw&_r=1

Music Video: Gerduan Kemp Productions
Director/DOP: Gerduan Kemp
Grip/Production Assistant: Richardt Oliver
Editing: Gerduan Kemp, Richardt Oliver
Color Grade: Gerduan Kemp

Music video by Jo Black performing Ek Sal Nie Bang Wees Nie (Official Music Video). (C) 2025 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd / Precision Recording Studio (Pty) Ltd

#JoBlack, #EkSalNieBangWeesNie”

Hy wat in die skadu van die Allerhoogste sit
In die geheime plek
Sal vir God kan sê:
U is my bergvesting
My toevlug op wie ek vertrou

Want U, U sal my kom haal
Uit die diepste donker plekke waar ek
Omring word deur die doodsgevaar
Ja, U vlerke vou my toe
Onder U troue vleuels vind ek my skuiling
U vere is my skild, my bevryding

Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val ‘n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie bang wees nie

En hier kruip ek weg
In die hoogtes by die Hoogste
Alles veilig in U hand
Buite die bereik van die vyand en sy magte
Omring deur engele aan elke kant

Want U, U laat my dra
Veilig oor alles wat verskeur, vergiftig
U vergruis elke aanval wat op my gerig is

Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val ‘n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie bang wees nie

U sal my red omdat U weet hoeveel ek U liefhet
Omdat ek in alles op U vertrou sal U my veilig in die hoogtes hou
En wanneer ek weer my pad verloor sal U elke keer my noodkreet hoor
My verwoesting sal U elke keer keer
En vir altyd my met U redding eer

Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val ‘n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie bang wees nie

css.php