Francois van Coke & Zaan Sonnekus | LEWE

Share it with your friends Like

Thanks! Share it with your friends!

Close

Luister LEWE hier – https://ffm.to/lewe

nie almal lewe nie
maar moet nog doodgaan
lewe in ’n sonsondergang
gebeur skielik en dan’s dit verby
in ’n siklus vasgevang
bo-oor die oseaan vlieg ek
dan’s dit verby
kan ek als oorkry?

nie almal lewe nie
maar moet nog doodgaan
nie almal lewe nie
dit is onveilig hier
ek praat met die dak
want niemand anders verstaan
nie almal lewe nie
maar moet nog doodgaan

ek lieg vir myself
is ek nog lief vir myself?
wat’s die verskil tussen
te veel en te min?
as die stilte in al twee
dieselfde klink

brand my liggaam soos ’n kers
sluk my siel soos die
slang met sy eie stert
ek dog my hart klop nog sterk
maar nou word ek toegewerk
dan’s dit verby
kan ek als oorkry?

Zaan Sonnekus: Vocals
Francois van Coke: Vocals
Richard Onraet: Vocals, guitar and bass
Pierre de la Porté: Drums
Produced by Richard Onraet
Mixed by Dane Taylor
Mastered by Tim Lengfeld
Written by Zaan Sonnekus, Francois van Coke, Kyle Botha and Richard Onraet

Video deur – RFND Photography / Julius Bekker
Director/DOP – Julius Bekker
Camera Operators – Julius Bekker & Liam Burger
Editing & Color Grade – Julius Bekker
Assistant Operator – Liam Burger

css.php