Die Amptelike Liriekvideo vir Joune – Lianie May
Volg hierdie skakel om “Joune” op stromingsplatvorms af te laai: https://lianiemay.hearnow.com/joune
Geskryf en Gekomponeer – Sunette Bridges
Dromme en Kitare – Wium Roets
Produksie en Klankingenieur – Wium Roets
Stemopnames – Rian Swanepoel by RS Studios
Uitvoerende Vervaardiger – Sunette Bridges
Vervaardig in die Rivers & Bridges Musiekateljee, VSA
Lirieke:
Jy is myne, my hart en my hele verhaal
Ek is joune, al het ek somtyds verdwaal
Onder sterre, in golwe en branders, in stormsee
Is jy my kompas en ek wil my als vir jou gee
Daar is geen ek sonder jou
Daar’s niks waaraan ek kan hou
Jy is die Noorde en die woorde in my hart
Jy is die Hemel vir my en by jou is die huis waar ek altyd wil bly
Jy is my hier en my nou
Wil jou vir altyd hier hou
Jy is my rede, my lewe, jy weet
Jy’s myne, my liefling, ek’s joune
Soveel myle lê tussen ons maar jy weet
Ek kom huistoe want ek sal jou nooit kan vergeet nie
My hele wêreld draai om jou son, jy’s die lig
Jy’s my water, my asem, die wind teen my rug
Daar is geen ek sonder jou
Daar’s niks waaraan ek kan hou
Jy is die Noorde en die woorde in my hart
Jy is die Hemel vir my en by jou is die huis waar ek altyd wil bly
Jy’s my hier en my nou
Wil jou vir altyd hier hou
Jy is my rede, my lewe, jy weet
Jy’s myne, my liefling, ek’s joune
Daar is geen ek sonder jou
Daar’s niks waaraan ek kan hou
Jy is die Noorde en die woorde in my hart
Jy is die Hemel vir my en by jou is die huis waar ek altyd wil bly
Jy is my hier en my nou
Wil jou vir altyd hier hou
Jy is my rede, my lewe, jy weet
Jy’s myne, my liefling, ek’s joune
Jy is die Hemel vir my, ja jy is my lewe
Jy is die Hemel vir my, ek’s joune











Thanks! Share it with your friends!
Tweet
Share
Pin It
LinkedIn
Google+
Reddit
Tumblr